spesiale uitgawe Nasionale Kinderbeskermingsweek
Transcrição
spesiale uitgawe Nasionale Kinderbeskermingsweek
spesiale uitgawe Nasionale Kinderbeskermingsweek 27 Mei - 1 Junie 2014 Kinders lê die meeste mense na aan die hart en elke jaar kry ons die geleentheid om ons harte hieroor aan die wêreld bloot te lê. Nasionale Kinderbeskermingsweek (27 Mei - 1 Junie 2014) fokus daarop om mense bewus te maak van die weerloosheid van kinders en ons verantwoordelikheid om kinders, as die toekoms van ons land, te beskerm. Wat is die aanduidings dat ‘n kind mishandel word? Fisiese mishandeling: • Dit kan die brand van ‘n kind met sigaretstompies of ander voorwerpe insluit. • Uitermatige, onbeheersde en ontoepaslike fisiese straf van ‘n kind vir ‘n geringe oortreding. • Onverklaarbare blou kolle wat waarskynlik deur vuishoue veroorsaak is. 1 GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE Ernstige fisiese verwaarlosing: • Word nie vir mediese behandeling geneem nie. • Word nie teen die elemente van die natuur beskerm nie, byvoorbeeld: die kind word buite in die koue gelos, of het nie die regte kleredrag vir die weersomstandighede nie. • Word nie van voedsame kos voorsien nie, of selfs van geen kos nie. INHOUDSOPGAWE Jy kan ‘n verskil maak! • Let op na kinders in u omgewing wat moontlik baie geïsoleerd leef. • Let op na kinders wat voortdurend baie bang of verskrik lyk. • Let op na babas of jong kinders wat aanhoudend huil, wat emosieloos voorkom of skrik vir fisiese aanraking. • Wees op die uitkyk vir kinders wat voortdurend ure lank alleen tuisgelaat word. • Wees ingestel op kinders wat nie toepaslik aangetrek is nie, bv. dun somersklere in die winter of ‘n dik trui in die somer (om merke te verbloem). • Wees betrokke by kinders se maats en let ook op na ontoepaslike seksuele optrede of praatjies. • Indien u vermoed dat ‘n kind moontlik aan mishandeling blootgestel word, stel u naaste welsynsorganisasie of die polisie in kennis daarvan. Hulle beskik oor die mag om ʼn kind uit ʼn gevaarlike situasie te verwyder. 2 Seksuele mishandeling of blootstelling: • Blootstelling aan pornografie of die gebruik van ‘n kind vir die maak van pornografie. • Blootstelling aan die seksuele aktiwiteite van volwassenes. • Seksuele misbruik van ‘n kind deur ‘n ouer of familielid, of die toelaat van die seksuele misbruik van ‘n kind deur ‘n persoon. • Emosionele mishandeling van kinders: • Verbale mishandeling (die kind word sleggesê, emosioneel afgekraak, selfbeeld word afgebreek) • Voortdurende dreigemente dat die ouer die kind gaan verlaat. Blootstelling aan gesinsgeweld: Selfs net die waarneming van gesinsgeweld teenoor sy of haar ma of tussen albei ouers het ‘n emosioneel vernietigende uitwerking op ‘n kind. Wat kan jy doen? Wat die beskerming van kinders betref, kan geen volwassene die standpunt inneem dat dit die Staat of maatskaplike werkers se verantwoordelikheid is nie. Sake word dikwels eers by maatskaplike werkers aangemeld nadat kinders alreeds emosioneel of fisies erg getraumatiseerd is. Die beskerming van kinders is elke volwassene se verantwoordelikheid. GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE INHOUDSOPGAWE Inhoudsopgawe Nasionale Kinderbeskermingsweek________________________________________________________ If you do not stop it – who will? As jy dit nie stop nie – wie sal?______________________________ Hoe beskerm ek my eie kinders ? _________________________________________________________ Hoe kan ek ʼn saak van beweerde/vermoedelike kindermishandeling aanmeld?_______________ Wear your green ribbon!___________________________________________________________________ HOE KAN JY NG WELSYN ONDERSTEUN:__________________________________________________ 3 GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE INHOUDSOPGAWE 1 3 4 5 6 7 If you do not stop it – who will? As jy dit nie stop nie – wie sal? You are compelled to report any form of maltreatment, molesting of children or trading with children. So it is stipulated by the Children’s Act and the Act on Sexual Offences and Related Matters. Hence it is an offence not to report it. Jy is verplig om enige vorm van mishandeling, molestering van kinders of handel dryf met kinders aan te meld. So stipuleer die Kinderwet en die Wet op Seksuele Oortredings. Dit is dus ʼn misdryf om dit nié aan te meld nie. The following malpractices are highlighted in the legislation: Die volgende wanpraktyke is in die wetgewing uitgelig: If the presumption or proof exists that maltreatment of a child occurs or has occurred. When a child has made the maltreatment known to someone, it must be reported. Indien die vermoede of bewyse bestaan dat mishandeling van ʼn kind voorkom of voorgekom het. Waar ʼn kind die mishandeling aan iemand bekendgemaak het, moet dit aangemeld word. Photos are posed | Foto’s is geposeer The person who reports the maltreatment in good faith and requests an investigation cannot be criminally prosecuted. The reporter is not the ‘plaintiff’ – he or she is merely requesting an investigation. This investigation, done by professionals, can either confirm or dismiss the maltreatment. The decision regarding whether or not to prosecute will be taken by the prosecutor. The matter needs to be reported to the police, at any welfare organisation, such as NG Welfare, Child Line, Child Welfare, SAVF, Ondersteuningsraad, the Department of Social Development as well as the local court. 4 Waar kan ek dit aanmeld? • Departement Maatskaplike Ontwikkeling - 0800 60 10 11 • Childline – 08000 55 555 (24-uur tolvry) • Die polisie (SAPD) – 10111/08600 10 111 (24-uur tolvry) • ʼn Skoolonderwyser of skoolsuster of dominee. • Jou naaste welynsorganisasie soos NG Welsyn (www.ngwelsyn.co.za), Kindersorg of SAVF. GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE Die persoon wat die mishandeling te goeder trou aanmeld en ʼn ondersoek versoek, kan nie strafregtelik vervolg word nie. Die aanmelder is nie die “klaer” nie, maar vra slegs ʼn ondersoek aan. Hierdie ondersoek, gedoen deur professionele persone, kan die mishandeling bevestig of uitsluit. Die besluit op vervolging al dan nie sal deur die staatsaanklaer geneem word. Die saak moet aangemeld word by die polisie, by enige welsynsorganisasie soos NG Welsyn, Child Line, Kindersorg, Ondersteuningsraad, SAVF, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of die plaaslike hof. INHOUDSOPGAWE Jy moet ook in jou kind se basiese behoeftes voorsien. Kinders kan misplaaste sekuriteit vind in die aandag wat iemand anders aan hom of haar gee. Dit maak jou kind weerloos en oop vir misbruik deur ʼn ander persoon. In many instances, violence against children is underreported because young children lack the capacity to report violence and fear reprisals from perpetrators. Much violence is committed within the family and by people known to the family, who may block children’s access to justice. Wanneer jou kind aan jou inligting deurgee wat jou agterdogtig maak of skok – reageer kalm daarop. Moet ook nie die kind beskuldig dat hy/sy leuens vertel of stories verdraai nie. Kontak dadelik ʼn maatskaplike werker om jou by te staan. Moet dit nie onder die mat invee nie. Dit gaan nie weggaan nie. Photos are posed Foto’s is geposeer Hoe beskerm ek my eie kinders? Die vraag wat seker by elke ouer opkom tydens bewusmakingsveldtogte soos Kinderbeskermingsweek is hoe op dees aarde beskerm ek my eie kinders? Wees ook bedag op volwassenes se verhouding met jou kind. Meeste kinders word gemolesteer deur ʼn persoon na aan die gesin wat ʼn goeie verhouding met die kind opgebou het. Moet nooit dink dit sal nie met jou kind gebeur nie. Daarom is die belangrikste seker om van kleins af ʼn goeie en oop verhouding met jou kind te hê. Praat met jou kind oor sy/haar lyfie en hoe kosbaar dit is. Die kind moet te alle tye die vrymoedigheid hê om enigiets met jou te deel. Daarvoor is ʼn hegte verhouding tussen ouer en kind nodig. Jou kind moet jou kan vertrou. 5 GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE Dit is vir baie ouers moeilik om oor die seksuele ontwikkeling van hulle kind en bewusmaking teen seksuele molestering met hulle te gesels. Gebruik gerus ʼn storieboek om die proses te vergemaklik. ʼn Goeie voorbeeld van so ʼn boek Klein Parmant, geskryf deur Leon de Villiers en kleurryk geïllustreer deur Samantha van Riet. Die boek is uitgegee deur Lapa Uitgewers en is in Engels ook beskikbaar. Klein Parmant is die verhaal van ʼn krokodilletjie wat deur die bos stap en met verskeie ander diere in aanraking kom. Wanneer hulle aan hom wil vat, hom wil kielie, hom ʼn drukkie wil gee, ens. is sy antwoord ewe kordaat: “Dis my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!” Kinders onthou dit en lees heerlik saam. INHOUDSOPGAWE Hoe kan ek ʼn saak van beweerde/vermoedelike kindermishandeling aanmeld? NG Welsyn kry dikwels sulke navrae. Mev Heleen Scholtz, bestuurder by NG Welsyn Gesinsorg verduidelik: “Om die gemeenskap te dien en die belang van kinders en gesinne voorop te stel is samewerking tussen die NG Welsyn gesinsorgkantoor en die gemeenskap van kardinale belang.” Kom ons kyk ʼn bietjie na wat dit alles behels: Watter sake móét aangemeld word? Die Kinderwet en die Wet op Voorkoming van Gesinsgeweld verplig lede van die gemeenskap om insidente van mishandeling of verwaarlosing van kinders aan te meld. Waar kan ek dit aanmeld? ʼn Lid van die gemeenskap kan ʼn geval, waar mense hulp benodig, by ʼn maatskaplike werker of die polisie aanmeld. Wanneer kinderverwaarlosing, -mishandeling of -molestering vermoed word, kan so ʼn saak by die Kinderhof van die landdroskantoor binne die landdrosdistrik waar die kind woonagtig is, ook aangemeld word.Binne kantoorure, van Maandag tot Vrydag, kan ʼn saak by ʼn welsynsorganisasie soos NG Welsyn, SAVF, Kindersorg, Ondersteuningsraad of die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling aangemeld word. Na-ure kan die polisie geskakel en versoek word om toe te sien dat die Eenheid 6 vir Gesinsgeweld en Seksuele Misdade die aangeleentheid ondersoek. Childline kan ook by 080 0005 555 geskakel word. Moet ek my naam verstrek of kan ek anoniem bly? ʼn Anonieme aanmelding kan gedoen word, maar bring dikwels mee dat die ondersoekproses vertraag word. Omdat alle feite in so ʼn geval nie benut kan word nie, kan dit selfs daartoe lei dat die saak nie volledig ondersoek kan word of dat die ondersoek nie volledig afgehandel kan word nie. Hoe werk die proses as ek iets aanmeld? NG Welsyn vereis dat ʼn beëdigde verklaring met die tersaaklike feite afgelê moet word tydens aanmelding van ʼn beweerde misdryf teen ʼn kind. Die aanmelder moet die naam en van, korrekte adres van die persoon wat hulp benodig of wie se omstandighede ondersoek moet word, en indien moontlik, ook ʼn telefoonnommer verskaf. In ʼn dringende geval kan sake wel telefonies aangemeld word. Dit moet egter so spoedig moontlik opgevolg word deur ʼn persoonlike onderhoud met die maatskaplike werker wat die saak ondersoek sodat die maatskaplike werker relevante inligting kan bekom. Dit kan ook opgevolg word deur ʼn skriftelike verklaring wat by die maatskaplike werker ingedien word. Hoe doen ek navraag oor vordering met ʼn saak wat aangemeld is? GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE Maatskaplike werkers is verbind tot ʼn etiese kode wat hulle verbied om enige inligting rakende ʼn saak wat hanteer word, bekend te maak. Die maatskaplike werker kan hoogstens bevestig dat die aanmelding ondersoek word, of dat dit na ʼn ander instansie of hulpbron verwys is. Geen verdere terugvoer kan aan aanmelders verskaf word nie. Wat as ek ontevrede is met die uitkoms na aanmelding? Indien die aanmelder van mening is dat daar geen verbetering in die omstandighede van ʼn gesin/kind is wat hy/sy aangemeld het, ingetree het nie, word aanbeveel dat die saak weer skriftelik aangemeld moet word. Veranderinge en/of resultate van dienslewering is nie altyd onmiddellik sigbaar nie, maar alle aanmeldings geniet aandag. Wat is die aanmelder se voortgesette rol na aanmelding? Die aanmelder kan nie aandring op enige betrokkenheid by besluitneming rakende die verdere hantering van ʼn saak wat aangemeld is nie, behalwe as die aanmelder deel het aan die aangeleentheid is. Die maatskaplike werkers moet toegelaat word om hul werk te doen. Sodra ʼn saak aangemeld is, is die maatskaplike werker die “case manager” of “designated social worker” soos deur die Kinderwet bepaal. Die nodige verwysings na enige ander professionele beraders en/of rolspelers sal deur die maatskaplike werker gedoen word. Daar is dus talle aspekte wat in ag geneem moet word as ʼn saak aangemeld moet word. Vir enige verdere inligting, stuur ʼn e-pos na [email protected]. INHOUDSOPGAWE Wear your green ribbon! shared role we each need to play in safeguarding the children of our nation. Reducing the high levels of violence against children is among South Africa’s most overwhelming tasks. Despite the country’s progressive child protection laws, policies and programmes preventing and addressing violence against children, it remains a major challenge. “It takes a village to raise a child” - African Proverb - National Child Protection Week (CPW) is commemorated in South Africa annually to raise awareness of the rights of children. The green ribbon is a symbol of life and growth Everyone is urged to wear a Green Ribbon during Child Protection Week to show support for promotion of the rights, care and protection of the child. The Green Ribbon was adopted by the National Child Protection Committee in 2004: The green refers to life and growth. • Since 1998 the South African government has commemorated Child Protection Week every year under the direction of the Department of Social Development. This is done to create awareness amongst South African communities about the 7 • • By wearing the Green Ribbon it shows that you care and support Child Protection Week The Green Ribbon lets victims and survivors know that we are united in our efforts to support them. It emphasizes the importance of partnerships to tackle child abuse, neglect and exploitation. GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE ¼ kinders word mishandel Een uit elke vier kinders in Suid-Afrika word in hul kindertyd mishandel. ewe veel seuns as meisies > 10 word gemolesteer Net soveel seuns as meisies onder die ouderdom van 10 jaar word seksueel gemolesteer. 80% van oortreders is bekend aan slagoffer 80% van die oortreders van seksuele molestering is goed bekend aan en word vertrou deur die kind (bv. ʼn lid van die gesin, die bure, ’n onderwyser, ’n ouer, ’n versorger of familievriende). Seksuele molestering gebeur gewoonlik in ʼn bekende omgewing waar die oortreder volkome beheer het (bv. sy motor of ’n klaskamer). INHOUDSOPGAWE HOE KAN JY NG WELSYN ONDERSTEUN: LIKE ons op Facebook blad en “bly op datum.” www.facebook.com/ngwelsyn www.ngwelsyn.co.za Besoek ons webblad en kyk wat ons alles doen. Daar is ook ‘n lys van takke waarby jy betrokke kan raak. NG WELSYN NOORDWES & GAUTENG Hoofkantoor Potchefstroom: Peter Mokabalaan 104 Tel: 018 297 3928 Faks: 018 293 1027 NPO reg: 002 059 NPO PBO (Public Benefit Organisation) Reg: 930 003 679 VAT reg: 4770121947 BANKBESONDERHEDE: ABSA BANK Tjek rekeningnommer: 01009700249 Takkode: 632005 SWIFT CODE: ABSAZAJJ (Faks asb bewys van inbetaling na 018 293 1027 of stuur ‘n e-pos na [email protected]. Voeg asb naam en kontakbesonderhede by indien u ‘n Artikel 18A sertifikaat benodig). ‘n Inbetaling kan ook met PAYFAST op ons webblad gemaak word. Die nuusbrief word kwartaalliks uitgegee deur NG Welsyn Noordwes & Gauteng se Hoofkantoor in Potchefstroom. 8 GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE INHOUDSOPGAWE